Moreletapark Gemeente Netwerk

HERE, ONS VRA 10 MILJOEN SIELE …

MAANDAG 15 FEBRUARIE - PERSOONLIK

  • Lofprysing: Ps 66:1-3 Juig tot eer van God, almal op aarde! Sing tot roem van sy Naam, gee Hom die eer wat Hom toekom! Bely voor God: hoe ontsagwekkend is u werk!
  • Wag op die Here: Ps 62:2 Truly my soul silently waits for God. Here, ek soek na U, dors na U om in U Allerhoogste in te gaan en U te hoor, te ervaar en te sien.
  • Verootmoediging: Bestudeer Esra 9 – Die verootmoediging en gebed van Esra :6 My God, ek is te skaam, ek het nie die vrymoedigheid om my kop voor U op te tel nie. Ons sonde is hoog opgestapel, ons misdade staan hemelhoog. :13 Wat oor ons gekom het, het gekom deur ons slegte dade en ons baie oortredings teen U.
  • Bid die Woord: Ps 89:22 The enemy shall not exact from you or do you violence or outwit you, nor shall the wicked afflict and humble you.

DINSDAG 16 FEBRUARIE – GESIN

Vir ‘n geestelike nalatenskap: dat Vader elke ouerpaar in die gemeente en ook enkelouers aan Hom sal vasknoop met ‘n erns en ‘n passie en ‘n dors na Sy woord – om ook kinders vir Hom groot te maak. Mal 2:15 Omdat Hy wil hê dat daar ‘n nageslag moet wees wat Hom eer.

WOENSDAG 17 FEBRUARIE - GEMEENTE

  • Vir die gemeente se Sendingbediening – dat die Here vir ds Willem Badenhorst en sy gesin in Sy hand sal vashou en dat Hy elke beplanning, elke uitreik en projek en elke verkondiging van die evangelie sal seën. Ps 2:8 Vra my, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.

          DONDERDAG 18 FEBRUARIE - STAD OF GEMEENSKAP:    

          STADSPOORTE

  • Mag geestelike leiers in die stad die verantwoordelikheid opneem vir dit wat in die stad toegelaat word en vir dit wat uit die stad uitgestuur word of uitgaan. Mag die Here met hulle hieroor praat as hulle gaan lê in drome en met visioene. Mag hulle duidelik hoor en sien en doen wat die Here van hulle verwag.
  • Mag daar geestelike wagte op die stadsmure wees en mag hulle nie stil word voor die God van die hemele nie, maar die stad en sy mense dag en nag voor Hom in gebed oplig totdat Jer 33:6-9 sigbaar waar word.

VRYDAG 19 FEBRUARIE – LAND: SAPD

  • Volgens die televisieprogram Carte Blanche, het baie Suid-Afrikaners hul eie verhale van skokkende polisie vergrype aan die program gestuur en is ‘n paar van die verhale reeds uitgesaai. Kom ons bid dat die Here self die ongeregtighede van polisielede aan die lig sal bring. Mag polisielede wat hulle hieraan skuldig maak berou toon, hul sondes bely en hul weë verander. Mag die Here die noodkrete en die hartseer van slagoffers hoor en sien want Hy is tog die God wat sien.,

SATERDAG – SENDINGBEDIENING EN DIE WÊRELD

BID VIR ONS SENDELINGE

J en F van Noord Afrika het in die week besoek gekry van die sekuriteitspolisie.   Bid asseblief dat F wysheid sal hê hoe om die situasie te hanteer en dat die Here Sy hand oor hulle sal hou.   Van ons ander werkers was ook byna dood toe hulle aan koolstofmonoksied blootgestel is.   Bid asseblief dat die Here ons sendelinge sal beskerm.

M en A sukkel vir ’n visa om aan te bly in die Midde-ooste.   Vra die Here om die poorte vir hulle wyd oop te maak en dat Sy wil sal geskied ten spyte van politiek.

Van ons sendelinge wat tans op tuisbesoek is, keer binnekort terug na die veld toe.   Bid asseblief dat hulle sonder enige ontwrigting terug kan reis en dat hulle familie en vriende wat agterbly, vertroosting sal kry.  Hulle is altyd oorgewig met bagasie.   Vra die Here dat SY goedheid en guns hulle vooruit sal gaan.

"Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan!  Wie is tog die Erekoning?  Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd."   Ps 24:7-8

Verkry vanaf sendingkantoor

Leraar Gebedsbediening: Ds Peet Grobbelaar

Gebedskoördineerder: gbw@moreleta.co.za of Faks (012) 997 0323

Tags: Gebed, Gebedsbulletin, Gebedsversoeke

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!