Moreletapark Gemeente Netwerk


  • HERE, ONS VRA 10 MILJOEN SIELE …

     

    MAANDAG 21 FEBRUARIE - PERSOONLIK

     

  • Lofprysing: Ps. 89:1-3: Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. Ek sê: "U liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde."
  • Wag op die Here: Ps. 5:4: (Amplified Bible) In the morning You hear my voice, O Lord; in the morning I prepare a prayer, a sacrifice for you and watch and wait for You to speak to my heart …
  • Verootmoediging: Hand. 3:19: Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. Vader, ek buig voor U en vra dat U elke deel van my hart ondersoek en skoonwas en al my ongeregtigheid en onreinheid vergewe. Matt. 5:8: Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.
  • Bid die Woord: Spr. 15:7: As die Here tevrede is met ‘n mens se lewe, laat Hy selfs so ‘n mens se vyande in vrede met hom lewe.

          DINSDAG 22 FEBRUARIE – GESIN

  • Buig voor die Here in gebed vir gesinne in ons gemeente. Vader, ons vra dat U
    die beginsels van u Woord (Kol. 3:18-21; Ef. 5:22-6:9 en 1 Pet. 2:18—3:7) vir ons
    sal oopbreek. Ons spieël ons eie gesinne daarin: ons vra U vir ‘n liefde wat alle
    verstand te bowe gaan

 

          WOENSDAG 23 FEBRUARIE - GEMEENTE

  • Vir die gemeente se Gebedsbediening – dat die Here vir ds. Peet Grobbelaar sal toerus vir die aanbieding van die gebedskool in ons gemeente en vir almal in ons gemeente wat by die Draai terug na God-dag op 6 Maart betrokke is: die Here se beskerming en sy salwing en leiding.

          DONDERDAG 24 FEBRUARIE - STAD OF GEMEENSKAP: 6 MAART – ‘TURN TO GOD’ –          UNIEGEBOU PRETORIA

  • Laat ons met hernude ywer en groot verwagting die Here dank en intree vir elke organiseerder, koördineerder, leier, werker, vrywilliger, asook die hele musiek- en klankspan. Mag die geweldige belangrikheid van die byeenkoms tot miljoene Christene in SA deurdring en mag daar ‘n dringendheid in harte kom om deel te wees van hierdie allerbelangrike geleentheid. Mag die Here van die leerskare genade skenk aan SA – onverdiende guns. Mag die ganse SA geraak word deur die effek van die gebeure van hierdie dag. Mag die gety in SA draai. Mag SA na God toe terugdraai.

          VRYDAG 25 FEBRUARIE – LAND: SAMEKOMS VAN GELOWIGES IN KAAPSTAD OP 22 

          MAART - WẾRELDBEKERSOKKERSTADION

  • Kom ons dra ook hierdie dag soos die 6de Maart in Pretoria, aan die Here op. Mag die ganse aarde geraak word deur die effek van die gebeure van hierdie belangrike dag in Kaapstad. Mag daar vanuit SA ‘n goddelike invloed uit die land uitgaan tydens die Wêreldbekersokker. Mag selfs sokkerboewe wat met hul eie redes SA besoek, met die vrees van die Here en getransformeerd teruggaan na hulle lande.

          Mag die kerk in SA nie sluimer of slaap nie maar ‘n kragtige invloed uitoefen deur praktiese 

          geesvervulde Gods-inisiatiewe gedurende die sokkerseisoen.

 

          SATERDAG 26 FEBRUARIE – SENDINGBEDIENING EN DIE WÊRELD

 

           Leraar Gebedsbediening: Ds. Peet Grobbelaar.

           Gebedskoördineerder: gbw@moreleta.co.za of Faks: (012) 997 0323.

Tags: Gebed, Gebedsbulletin

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!