Moreletapark Gemeente Netwerk


HERE, ONS VRA 10 MILJOEN SIELE …

MAANDAG 1 MAART - PERSOONLIK

  • Lofprysing: Ps.134:1-2: Kom, prys die Here, julle almal wat Hom dien, julle wat in die nag in die tempel van die Here staan! Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here!
  • Wag op die Here: Jes. 40:31: (Amplified Bible) But those who wait for the Lord (who expect, look for, and hope in Him), shall change and renew their strength and power.
  • Verootmoediging: Ps. 52:3: Wees my genadig, o God, in u troue liefde, wis my oortredings uit in u groot barmhartigheid! Was my skoon van my skuld, reinig my van my sonde!
  • Bid die Woord: Deut. 31:8: Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie.

DINSDAG 2 MAART – GESIN

  • Bid vir die Gr 3+4 kamp wat die naweek aangebied word – dat die Here ‘n afspraak sal hê met elke kind, dat geen kind onaangeraak gelaat sal word nie. Bid vir die die leiers en kinders se beskerming.
  • Dat die Here gesinne sal oprig om die ‘Turn to God’-konferensie op 6 Mrt. by te woon, dat gesinne sal terugkeer na die Here, dat Hy vaders se harte na hul kinders sal draai, huwelike sal herstel en ouer-kind verhoudings wat skeefgetrek is, sal genees en herstel.

WOENSDAG 4 MAART - GEMEENTE

  • Vir die uitreike op 19-22 Mrt na Bosbokrand, 12-15 Mrt na Mosambiek (Ponta de Oura) en na Botswana (27 Mrt – 5 Apr) – vir die Here se beskerming, die werking van die Heilige Gees in mense se harte wat nog nie die Here ken nie, die voorbereiding van die grond vir die Here om te werk, vir al die tegniese benodigdhede, toerusting, veiligheid op die pad en die Here se seën.
  • Bid vir ons gemeente se sendelinge. Hierdie week: die Greylings (Masedonië-projek), Werner, Hannelie, Jean-Pierre en Rodé (Sentraal Asië), Sanet (Midde-Ooste) en Johan (Sjina) vir die Here se beskerming, voorsiening, daaglikse leiding en nabyheid en vir die voortdurende vervulling met die Heilige Gees.

 

DONDERDAG 5 MAART – JOU STAD OF GEMEENSKAP - HERLEWING

 

  • Volgens Bennie Mostert is daar een ding wat uitstaan in herlewings van die verlede t.o.v. dit wat nodig is vir ‘n geestelike herlewing: ‘n uitstorting van God se Gees van gebed en smeking, wat meebring dat een of twee, dan later dosyne en uiteindelik honderde gebedsgroepe begin word. Dit is wat volgens kenners in élke groot ontwaking in die wêreld gebeur het.
  • Bid asb. saam oor hierdie een ding vir jou stad of gemeenskap: dat God sy Gees van gebed en smeking sal uitstort (Sag.12:10) op die kerk en dat dit sal lei tot talle gebedsgroepe regoor die stad. Laat ons hiervoor, méér as vir enige iets anders, bid.

VRYDAG 6 MAART – SUID-AFRIKA

  • Bid asb. ook vir Suid-Afrika en ons buurlande saam oor hierdie een ding: dat God sy Gees van gebed en smeking sal uitstort (Sag.12:10) op die kerk en dat dit sal lei tot duisende gebedsgroepe regoor Suid-Afrika. Laat ons hiervoor, méér as vir enige iets anders, bid.

SATERDAG – SENDINGBEDIENING EN DIE WÊRELD

  • Bid dat ons in die kantoor wysheid sal hê om alle voornemende sendelinge te te kan bystaan met effektiewe leiding.
  • Die organisasies gemoeid met kort termyn uitreike vra dat ons sal bid dat die Here die mense, wat deur die Heilige Gees aangeraak is om te gaan, die geloof sal gee om Hom vir die voorsiening van alles te vertrou. Bid ook dat die regte mense na vore sal kom om van die uitreikgeleenthede in die GO 2010 boekie gebruik te maak.
  • John de Kock (Mission Russia) vra gebed vir sy vrou Gisela se genesing van haar skouer. Die helingsproses is lank en die geduld is skraal. Vra die Here om haar asseblief aan te raak. John vra ook dat ons vir guns sal bid vir ’n nuwe visie wat hy het om na ’n spesifieke land in die Midde-Ooste uit te reik.

 

Deut. 8:3: Hy het dit gedoen om jou te leer dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat hy leef van elke Woord wat uit die mond van God kom.

Leraar Gebedsbediening: Ds. Peet Grobbelaar.

Gebedskoördineerder: gbw@moreleta.co.za of Faks: (012) 997 0323.

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!