Moreletapark Gemeente Netwerk


 Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere. Jy moet ook die vreemdeling liefhê, want jy was self ‘n vreemdeling in Egipte. Deut 10:18

 

Omgeegroepe - Bid vir:

Omgeegroepleiersopleiding wat op 14 Maart eindig. Dat elke leier groot seën sal ervaar uit die opleiding. Dat die toerusting wat hy/sy gaan ontvang hom/haar sal help om as ‘n sterk geestelike leier op te staan en dat hy/sy dit wat geleer is, tot groot vrug in sy/haar omgeegroep kan toepas. Dat persone wat nog nie as ‘n leier optree nie, selfvertroue sal ontvang om met die Here se krag en leiding sy/haar eie groep sal stig. Bid ook vir die opleidingspan dat hulle met blymoedige harte en met God se passie elke opleidingsgeleentheid sal bywoon. Dankie vir hulle diensbaarheid.

 

Uitreik na Meyershof Gemeente in Bothaville gedurende die naweek van 12 & 13 Maart. Dat die Here se seën op hierdie uitreik sal rus. Dat  baie gemeentelede dit sal bywoon sodat hulle voldoende toegerus sal word om eie omgeegroepe op die been te bring. Dat hulle die seën wat omgeegroepe kan bring, sal snap en dit met ‘n positiewe gesindheid in hul gemeente sal implementeer. Bid vir Karus en sy span wat daarheen gaan. Dat hulle ‘n positiewe getuienis sal uitdra van ons gemeente se werksaamhede, bid ook vir ‘n veilige reis.

 

Adminpersoneel – daar is baie administratiewe pligte waarby ons die uitkom nie. Dat ons ‘n ‘dedicated" vrywilliger kan kry wat ons kan help. 

 

Dat gemeentelede wat nie dadelik gekontak word om by ‘n omgeegroep in te skakel nie, geduldig sal wees en nie "kwaad" sal word vir die sisteem nie. Dat hulle die vrymoedigheid sal hê om die Omgeekantoor te skakel indien niemand van die gemeente kontak met hulle gemaak het nie. Dat hulle nie sal voel niemand gee om nie. Bid dat ons nie mense se inligting sal "verloor" of "vergeet" om hulle te kontak nie. Dat elke leier wat ‘n nuwe lidmaat se naam geneem het om na sy/haar omgeegroep te nooi, dit sal doen en nie sal nalaat om die persoon te kontak nie.

 

Gemeentefees 14 Maart – dat dit ‘n ware familiefees sal wees – familie van God. Dat gemeentelede as omgeegroepe, familie en vriende lekker sal saam kuier na die oggenderediens en ander buite die kerk sal nooi en so iemand sal raakleef en sal nader trek na God.


Daniël uitreike - Bid vir:
Daniël uitreik na Protea hoogte, Brackenfell
Daniël uitreik na Perth, Australië

 

Jeug - Bid vir: 

Dat jongmense nie net kerkgangers sal wees nie, maar volgelinge van Jesus, gevul en deurdrenk van Sy Gees.

Bid vir die kreatiwiteit van jeug omgeegroepleiers

 

Aksie 2+ Huweliksbediening - Bid vir:

Ons Kommunikasie Seminaar wat Saterdag 27 Feb afskop. Dat Vader almal se harte sal deursoek en voorberei vir die seminaar, dat Hy ‘n hunkering in mense se harte sal bewerkstellig om dalk vir die eerste keer of by herhaling intens te luister na wat hul maat op die hart het. En dat dit wat hulle geleer het te gaan toepas, en nie net weer die houding in te slaan van "ek het dit by gewoon en so what". Dat die saad van die Woord wat daar gesaai word sal ontkiem en veel vrug sal voortbring in en deur hulle lewens, dat U hulle sal toevou in U liefde.

 

Kom ons bid dat die Here Sy seën sal laat rus oor aktiwiteite van Aksie 2+ gedurende die jaar, en dat HY SY beskerming, wysheid en leiding sal uitstort oor Teuns ons leier en sy komitee, asook al ons seminaar aanbieders. Dat Hy Teuns sal lei en wysheid sal gee oor hoe hy die Aksie 2+ span moet lei op’n Jesus pad.

 

Ons doen nou al voorbidding vir SY leiding met al ons reëlings aangaande die Huweliks seminare wat die jaar gaan plaas vind, dat Hy nou al in mense se harte sal werk en dat alle reelings vlot en suiwer sal afloop.

 

Sending - Bid vir:

Seën en vrug op die Jeugdiens van 28 Feb met Mike Hack as spreker; ook vir die sending organisasies wat gaan uitstal in die voorportaal; die helpers (spes vir Nicole); vir voorbereide harte; bid teen die werk van die vyand (vloeke wat Sataniste uitspreek teen die diens)

 

Bid asb vir die totstandkoming van ‘n nuwe sending-gebedsinisiatief vir die vervolgde kerk en onbereikte volksgroepe/lande; vra die Here vir mense om aan te meld om spesifiek vir Sending-aangeleenthede, die wereld en vir sendelinge te bid.

 

Bid vir vrug op die GO2010 uitreik boek. Daar is altesaam 3000 wat in die gemeente en deur die land versprei word.

 

Bid asb vir die Turn2God geleentheid waar van ons sendelinge vlae gaan dra om die Here te vra dat daardie lande ook sal terugdraai na God toe; Bid vir hulle en hul gesinne se beskerming.

 

Bid asb vir ons in die sendingkantoor en ons gesinne se beskerming, vrugbare stiltetye, effektiwiteit en kreatiwiteit in ons werk, eenheid.

 

Bid vir Rene wat tans in Soedan is – beskerming, seën op haar besoek en veilige terugkoms.

 

Bid ook aanhoudend vir ons sendelinge, veral die in Moslemlande, wat in baie moeilike omstandighede funksioneer.

 

Bid asb vir ds Willem vir al sy afsprake en optredes die volgende 2 weke.

Bid dat die Here bonatuurlik sal voorsien vir projekte wat op Sy hart is hierdie jaar.

 

Mannebediening - Bid vir:

Sondag, 7 Maart 2010 – Manne Opedag by Kerk.

Bid die Here se seën op hierdie geleentheid.

Bid vir Ds Peet se preek, dat die Here hom besonder sal seën met sy voorbereiding.

 

Bid dat alle manne (en hul gesinne) wat die Vader dié Sondag in die kerk wil hê getrou sal wees om daar te wees.

Bid vir al die "Champions" (leiers) van die verskillende aksies met die voorbereiding vir Sondag, oprig van stalletjies, ens.

Bid dat alle manne in die gemeente deur die Gees gelei sal word om die aksies te steun, die stalletjies te besoek en dáár betrokke te raak waar God hulle wil gebruik.

 

Dat alle gesinne – vroue en kinders, hul manne sal motiveer om deel te neem.

Vir mooi weer dat die buite aktiwiteite sonder probleme sal verloop.

 

Turn 2 God

Bid vir seën op al die voorbereidings.

Bid vir ’n goeie en oop gesindheid van die owerheid vir al die reëlings.

Bid vir seën op al die voorbereiding van die sprekers.

Bid vir reisende seën op almal wat die dag sal bywoon.

’n Oop en ontvanklike gemoed vir alle besoekers.

Mosambiek uitreik, 11 – 15 Maart 2010.

Bid vir Willie v d Berg en sy span met al die voorbereidings.

Bid dat geen obstruksies deur die owerhede in die pad gelê sal word nie.

Bid vir insig vir die span dat alles t.o.v. wetgewing, doeane reëls, na gekom sal word.

Bid vir gehoorsaamheid van almal wat God wil hê dat hulle die uitreik moet bywoon.

 

Bestuurspan

Bid asseblief vir duidelike leiding vir die bestuurspan van die manne bediening. Bid asb. dat elkeen van hierdie manne duidelike leiding van die Vader sal kry oor sy spesifieke roeping – ook en veral in die manne bediening.

Bid asseblief dat hulle sterk sal staan teen die aanslae wat gedurig kom na hulle wat God se wil soek.

Dat aanslae van die satan wat in hierdie tyd van ekonomiese druk op almal al hewiger word af geslaan sal word.

 

Bid asb vir die organisasie POPUP (People upliftment programme) wat deur die gemeente ondersteun word:

Dear Friends

I  was reminded during the past week to keep my eyes on Jesus and not to focus on the circumstances surrounding us, which can overwhelm you from time to time. God will provide, protect, guide and open doors as He always did and we fully place our trust in Him. We again proclaim our dependence on Him as He will provide as He always did in the past. We want to remain in His perfect plan and will for POPUP and no move away in our own strength. Be blessed by reading this week’s victories and please pray with us for the many challenges and needs as provided below.

 

God’s blessings during the past week!

We are so blessed by knowing that 58 people or 73% of those who attended our first Life Skills training programme for the year made a first time commitment to accept Jesus as their Saviour. Since January 2006, 1491 people made a first time commitment to accept Jesus as their Saviour at POPUP. We rejoice in His goodness, grace and mercy!

 

Tinus McPherson is busy erecting new carports for our cars after our previous ones were destroyed during a severe wind and stormy weather at the end of last year. We are grateful for his involvement and support.

 

We were told that we will receive a second-hand, but still in a good condition, Mercedes Benz car this week, donated by one of our longtime sponsors and friends.  We are  excited about this car which will be mainly used at our Makhulong Foster Care homes as transport of these kids are always a challenge.

 

We are grateful that a person in the business world decided to avail his time to assist us twice a week with our operational management function. We are also assisted with an operational challenge by the campus manager from Brooklyn Campus. We appreciate the time of knowledgeable people assisting us in a variety of needs.

The Doxa Deo School at East Campus decided to partner with POPUP for this year and we are appreciative of their attempts to assist us in various ways during the coming year.

 

Will you please remain in prayer with us in trusting God for the following?

We are trusting God for several sponsors to assist us in funding our skills programmes for this year and need your prayers in this regard.Please continue to pray for the possibility of the Rotary International global grant in support of our Edendale skills development programme. We did not receive any feedback yet.

 

Please continue to pray with us for good relationships to be established with the Dept of Public Works as the future continuation of POPUP services at Salvokop are directly depended on the outcome of negotiations and relationships to be established. No reaction was received after two emails was sent to the project manager.

 

We are stil awaiting the panelling process at the Department of Social Development’s Gauteng Head Office regarding our Edendale application. Our enquiries to date lead to no response.

 

Our main building’s roof (two storey building at POPUP), facia boards and ceilings of the second floor need urgent repairs. We need a company who could assist with the repairs. Would you please pray with us regarding this matter and for God’s provision?

We need your prayers regarding our decade celebration activities planned for this year as we face some challenges with regard to some of the planning.

 

Leraars en Gemeente - Bid vir:

Bid asb. vir die Huweliksvoorbereidingskursus.  Bid dat almal wat beplan om te trou die kursus saam sal gaan doen en hulle verantwoordelikheid van ’n huwelik sal besef en dit sal opneem.

Bid vir al die huwelike. Daar is soveel aanslae deesdae op huwelike.

 

Ds. Dirkie en Esther vlieg Vrydag, 26 Febna Brazil en kom 11 Mrt terug.  Bid asb. dat hulle veilig sal reis. Dat al hulle dokumente reg sal wees. Bid asb. ook vir ds. Dirkie wat So.28 Feb in ’n kerk in São Paulo preek.  Mag die HG die harte vd mense ontvanklik maak vir die saad wat ds. Dirkie daar moet gaan plant.

 

Bid ook vir al hulle vergaderings en besprekings wat beplan word in São Paulo. Mag alles tot eer en verheerliking van God se grote naam wees.

 

Bid vir die gesinslede wat nie saam gaan nie. Dat dit met almal goed sal gaan en dat hulle ook veilig sal wees.

 

Bid vir die kantoor en die werksaamhede wat moet aangaan. Bid vir wysheid en insig om alles reg te hanteer. Bid ook dat mense wat inskakel of eposse stuur en vir hulp vra geduldig sal wees of bereid sal wees om hulp van ander te aanvaar.

 

Gebed is ‘n hart wat oorloop in die teenwoordigheid van God

Madame Guyon

Tags: Gebedsversoeke, gebed

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!