Moreletapark Gemeente Netwerk


"Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie,
maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Matt 7:21

Omgeegroepe Bid vir:

Die omgeegroepleiersopleiding wat plaasvind 12-14 Feb en 4 Sondagmiddae daarna – dat persone wat bywoon waarlik seën daaruit sal ervaar en daarna toegerus sal wees om dit wat hulle geleer het met oorgawe in hul groepe sal toepas

 

Uitreik na Rynse Moedergemeente in Namibië op 26-28 Feb vir Karus se veilige reis en dat dit geseën sal wees. Dat die persone wat die opleiding bywoon aangeraak sal word en die kennis wat hulle ontvang kan oordra na hul gemeentes om sodoende ‘n kleingroepbediening op die been te bring wat ware koinonia in die gemeente sal teweegbring.

 

Leiersopleiding vir ander kultuurgroepe op Sat 20 Feb – dat die regte persone hierdie opleiding sal bywoon en dat die persone die konsep van kleingroepe sal verstaan en dit suksesvol sal kan toepas in hul kultuur. Dat daar van mekaar se kulture geleer kan word en kennis geruil kan word om toepaslike opleidingsmateriaal vir die toekoms saam te stel. Dat mense sal besef dat dit alles bydra om mense nader aan God te bring


Daniël uitreike - Bid vir:

Daniëluitreik na Port Natal 19 – 21 Feb

 

Gasvryheid - Bid vir: 

Bid oor die algemeen vir ons bediening, mense kom en gaan, en daar is altyd nuwe uitdagings waarmee rekening gehou moet word. 

Die gawe van gasvryheid is nie vir almal beskore nie, en ons bediening is regtig geseënd met soveel wonderlike mense. Dankie aan almal wat getrou bid en ons bediening voor Jesus se voete lê.

 

Alpha en GPS - Bid vir:

Alpha: Die inskrywings is nog min, bid dat die mense sal inskryf.

GPS: GPS Leiers word opgelei en nuwe kursus begin Dinsdag 16 Feb.

 

Kleuterbediening - Bid vir:

Ons het baie nuwe leiers by die kleuter en baba bediening. Prys die Here vir so baie, maar met dit voel Riana oorweldig want sy weet nie hoe om by elkeen uit te kom nie.

Ook dat elke leier sal besef dat dit ‘n roeping van God af is om hierdie kleintjies te bedien.

 

Bid. vir ons baba bediening.

Bid vir die gestremde groepie. Hulle het ook ‘n baie oulike nuwe leier gekry, maar dit is ‘n groepie wat sy eie uitdagings stel.

Bid vir elke baba en kleuter in ons gemeente.

 

Senior jeug - Bid vir:

Hoërskool Garsfontein wat met ‘n baie goeie sisteem werk om ons jongmense te help. Hulle het almal daar van maatskaplike werkers tot terapeute.

 

Die Jeugbediening, ons het ’n nuwe omgeegroepstelsel en nuwe leiers - dit gaan baie goed. Bid vir Geesvervulde jongmense wat uitbeweeg tussen hulle vriende.

 

Siekesorg Bid vir:

Rousmart reeks wat aangebied word van 11 Feb tot 4 Maart. Bid in die besonder vir die spreker Dr André de la Porte en dat die Here die mense met wie hy ’n afspraak het, sal stuur.

 

Vir die skoling op Sat 20 Feb waartydens ons nuwe vrywilligers inskakel en aktiewe bedieningslede ook deel sal vorm om hulle te bemoedig om voort te gaan met die Koninkrykswerk.

 

Gawebediening - Bid vir:

Nuwe materiaal wat ondersoek word; vertaling en inhoud

Span wat dit deurloop om beste manier van aanbied te vind

Spesifieke posisie van Gawebediening in die gemeente

Dat wat ons doen absoluut is, soos gelei deur Heilige Gees

 

Turn 2 God

South Africa your time has come !!! 

Prayer Request:

We are calling every prayer intercessor in South Africa to stand together united in prayer for the Turn2God event at the Union Buildings on the 6 March 2010 in Pretoria. We are calling all the watchmen on the wall.

 

That our land South Africa will turn to the Lord. Every individual, church, city, town and media.

God’s protection over: everyone on the T2G team – Psalm 91 - and their families and everyone attending.

That our nation in SA will stand up and Turn2God!

 

Sending - Bid vir: 

Vrug en seën op die uitreikboek.

Marisca en haar gesin. Haar man gaan deur geweldige druk by die besigheid.

Elaine vir nuwe krag en wysheid.

Maresa se gesin se redding.

Willem se optredes, persoonlike gesprekke en sy gesin se beskerming.

Februarie se sending predikers en die boodskappe wat uitgaan elke Sondag aand.

Voorbereidings vir die Vat Vlam konferensie.

 

Bid asb vir die organisasie POPUP (People upliftment programme) wat deur die gemeente ondersteun word:

POPUP celebrates its 10th year of existence. We belief that God has many treasures in store for us. Please join us to thank God for all the blessings we received.

God’s blessings during the past week! We received a second truck full of office furniture from the same company who donated furniture two weeks ago to be utilized at our Edendale offices. What a blessing!

Our staff and visitors bathroom at POPUP received new cupboards (wall-to-wall) and the new wash basins and mirrors would be fitted this week - all sponsored by Quick Fit Cupboards, which make us feel very privileged by using the "new facilities."

 

During the past week we also received a "bakkie" load full of clothing, books, electrical appliances, etc  from Daleen van Niekerk. Another sponsor donated a bed and duvet as well.

 

Doxa Deo Moot Campus blessed us with a lot of fresh fruit and vegetables, which helped us to stock our freezers again. We were so blessed by the one men’s hostel at the Pretoria University! Since last year, we receive on a weekly basis already prepared food but during the past week they doubled their contribution and this food is sufficient to feed all our learners with one meal per day for the whole week. All POPUP’s learners receive a complimentary meal daily – which is in many cases the only meal proper meal that they are able to enjoy.

 

You would remember how often we requested prayers regarding the Life Skills week that we presented to the 30 Development Centers (similar to POPUP) in Gauteng. The Department of Social development contracted POPUP to present this training programme as all development centers will have to present this programme to their learners across the province. All thanks to God.

 

Leraars en Gemeente - Bid vir:

Dat die Kwela TV opname tot eer en verheerliking van God sal wees. Dat God eerste gestel sal word en dat mense oor die hele land (dalk wêreld ook) Jesus in MP sal sien werk en lewe.

 

Bid vir die vergaderings wat plaasvind dat ons in alles God eerste sal stel en nie ons eie agendas sal dryf nie.

 

Vir die OG leiersopleiding wat die naweek begin. Dat die aspirant leiers daar sal wees om van God te kom leer hoe om ’n leier te wees. Dat die aanbieder/s die regte boodskap aan die hoorders sal oordra.

 

Ek wil asb. groot voorbidding en gebed vra vir en terwyl die Profetiese kursus Sa 13 Feb vanaf 8:00 tot 15:00 in die Admin gebou sal plaasvind. Mag God self as spreker daar wees en mag die HG die hoorders  se geloofsoë open om die konsep nog beter te verstaan en met verantwoordelikheid te gaan uitleef. Bid in besonder vir Belinda Noades wat as God se instrument, die kursus gaan fasiliteer.

 

Bid asb. vir die Kerkraadsvergadering wat geskeduleer is vir Di 16 Feb.  Dat al die groot besluite wat daar geneem moet word direk van God af sal kom , dat almal vrede sal hê en eensgesind sal wees oor besluite wat daar geneem moet word.

 

Hou asb. aan bid vir ds. Dirkie se Kruiskyk TV opnames. Sy program raak al voller voor hy oorsee vertrek. Dat God self in beheer sal wees van sy dagboek en beplanning. Dat ons God se wil, sal doen.

 

Sa 20 Feb ds. Dirkie spreker by die Daniël Konferensie in Magalieskruin. Bid asb. ook vir die geleentheid.

Sondae se eredienste.  Ds. Dirkie preek So. 21 Feb.

 

Bid asb. vir die Ringsretraite wat beplan word vir 22-23 Feb. Dat God ook die werksaamhede sal seën.

Bid asb. ook vir die voorbereiding van Radiokansel opnames. Mag God deur ds. Dirkie die boodskap bring vir die luisteraars.

 

Daar moet ook in die tyd artikels geskryf word. Bid asb. saam met ons dat ds. Dirkie by God sal hoor wat Hy vir die mense wil sê.

 

Bid asb. ook vir die voorbereiding vir die oorsese reis. Ds. Dirkie gaan die boodskap in Engels daar bring. Bid ook dat die HG ons sal help dat die reisreëlings in plek sal wees asook die dagboek reëlings vir die werksaamhede wat hier moet aangaan al is ds. Dirkie oorsee.

 

Die beste gebede bevat meer sugte as woorde

John Bunyan

Tags: Gebedsversoeke, gebed

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!