Moreletapark Gemeente Netwerk

Geloof is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. 
 

Wanneer ons van geloof praat, praat ons God se taal. God gló ook! God het geloof in Sy eie woorde – daarmee het Hy die heelal tot stand gebring. In Psalm 33:6 lees ons – Deur die woord van die Here is die hemele geskape; en deur sy asem al die hemelliggame.  

God se asem en Gees is sinoniem met mekaar. Die mense wat ʼn studie van fonetiek maak, sê dat ons ons asem saam met ons woorde uitblaas elke keer wanneer ons praat. In  die Hebreeus word dieselfde woord virasem én Gees gebruik.  ʼn Mens sou dus kon sê dat wanneer God praat,  gaan Sy Gees uit om Sy woorde in dade te omskep.   

 Genesis 1:2 onderstreep hierdie waarheid – Die aarde was ʼn vormlose, onbewoonbare massa en die diep waters was toegevou in duisternis. Tog het die kragtige skeppende Gees van God oor die oppervlak van die water gesweef.  Toe beveel God:  “Laat daar lig wees!” En dit was so …   

Die Heilige Gees gaan uit om God se woorde ʼn werklikheid te maak. Maar hoe moet ʼn mens God se woorde dan sien? En waar was Jesus in die skeppingsproses?  Johannes sê in hoofstuk 1:1-3 dat Jesus die Woord van God is – In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was self ook God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan nie.   

Jesus ís God wat praat; daarom sê Johannes dat Hy die Woord van God is. Toe Jesus aarde toe gekom het, het die Woord van God fisies gestalte gekry. Wanneer die Asem van God en die Woord van God (d.w.s. die Heilige Gees en Jesus) ontmoet, word God se wil uitgevoer. Dit gebeur altyd, konsekwent en sonder uitsondering want Numeri 23:19 sê – God is nie ʼn mens dat Hy sou lieg nie”. 

Ons moet net soos God glo! Die skeppende krag van God se Woord is een van die basiese beginsels van die Bybel en die skeppingsorde. Dit beskryf enersyds God se onveranderlike, ewige natuur, naamlik dat God tot stand bring deur net te praat. En wanneer God gepraat het, gaan God se Gees uit om daardie Woord te realiseer. 

Ons het óók die vermoë om met ons woorde te skep! Die Spreukeskrywer sê: Lewe en dood lê in die tong. Ons skep ook met ons woorde,  nes God.  Wanneer ons hierdie gawe gebruik om onsself te bevoordeel ten koste van ander, bring dit pyn en vernietiging voort. Maar wanneer die Gees van God in ons woon en Hy ons gedrag bepaal en ons God se woorde praat,  dan word wat ons sê in dade van lewe en oorvloed omskep.   

Sien met jou geloofs-oë die onsienlike en spreek dit uit! ʼn Mens moet eers met jou geestes-oë kan sien wat jy in geloof van God kan ontvang,  voordat jy dit met jou fisiese oë sal sien.  Dit vra van ons om die onsienlike tot sigbaarheid te praat. Hebreërs 11:3 sê dat omdat ons glo,  verstaan ons dat God deur net ʼn woord te spreek die ganse heelal geskep het.  Dit wat ons kan sien,  het dus nie uit sigbare dinge ontstaan nie, maar uit onsigbare dinge. 

Wat is geloof dan?  Hebreërs 11:1 – Dit is ʼn vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur.  Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. 

Wag vir God se woord in jou hart en mond. As gelowige moet jy nou in ooreenstemming met God se wil en plan vir jou lewe optree. Jy roep slegs tot stand wat God aan jou geopenbaar het en wat in lyn is met die beginsels van die geskrewe Woord. Dit vereis ʼn intieme verhouding met God! Jesus verduidelik hierdie konsep in Johannes 5:30 – Ek is nie daartoe in staat om enigiets uit My eie te doen nie. Soos Ek dit van die Vader hoor, oordeel Ek en my oordeel is billik omdat dit nie my wil is wat Ek najaag nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. 

Ons moet leer om geloof in die Woord van God te demonstreer. In Markus 16:15 stuur Jesus tydens Sy hemelvaart Sy dissipels uit om die boodskap te gaan verkondig, siekes te genees en wondertekens in sy Naam te doen. Markus getuig dan ook in vers 20 dat die Here saam met hulle gewerk het en hulle boodskap word bevestig deur die wondertekens wat daarmee gepaardgegaan het. 

Daar is dus duidelik ʼn verskil tussen ʼn lewe waarin ek die Here vra om my te help en te seën én ʼn lewe waarin ek doen wat Hy my beveel om te doen. Wanneer Hy bepaal wat ek doen of nalaat, werk Hy saam met my en bevestig Hy sy opdrag deur die wondertekens wat daarmee gepaardgaan! 

Maak tyd om die gawe van geloof te beoefenIn Markus 11:12-14 lees ons dat Jesus en Sy dissipels op pad van Betanië af by ʼn vyeboom verby geloop het.  Jesus was honger en wou graag vye van die boom pluk, maar daar was nie ʼn enkele vrug aan die boom nie. Jesus het toe die boom vervloek.  In vers 20 – 24 stap Jesus en Sy dissipels nogeens by die vyeboom verby en tot Sy dissipels se verbasing, was die boom tot in sy wortels verskrompel. Toe Petrus verwonderd opmerk dat Jesus se woorde ʼn werklikheid geword het, antwoord Jesus hom: “Julle moet geloof hê in God. Dit verseker Ek julle, julle kan vir hierdie berg sê: ‘Mag God jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Al wat nodig is, is dat julle regtig sal glo en nie in julle harte twyfel nie.  Daarom verklaar Ek vir julle, alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang,  mits julle God daarmee vertrou.” 

In hierdie gedeelte sien ons dat Jesus se optrede aandui dat woorde van geloof enersyds bevele of proklamasies kan bevat.

  • Hy spreek die vyeboom in geloof aan.
  • Hy verduidelik aan Sy dissipels dat hulle dieselfde kan doen.
  • Hy brei daarop uit deur vir sy dissipels te sê dat hulle op dieselfde wyse ʼn berg kan skuif.

Tweedens

  • Jesus verduidelik vir sy dissipels dat ʼn mens in geloof tot God moet bid, as jy wil ontvang.

In Markus 11:22 beklemtoon Jesus dat ʼn mens se geloof in God gesetel moet wees: Julle moet geloof in God hê. Ons glo dus nie in die krag van ons woorde alleen nie; dit doen die New Age aanhangers. Ons glo in God! En ons verstaan dat die vermoë om te praat en resultate te sien, ʼn gawe van God aan ons is! 


Lewe naby aan God. Hoor hoe Sy hart vir jou klop. Ervaar wat Sy perfekte wil vir jou lewe is en tree in geloof nader. 

Antwoord Hierop

Epos Nuusbrief

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





Nuutste Bedrywighede

Chidleen Heymans and Alisha are now friends
yesterday
Anne-Marie is now a member of Moreletapark Gemeente Netwerk
yesterday
Mari Cronjé added an event
Vroueoggend 17 Augustus 2010 at Woodlandssentrum perssaal
August 17, 2010 from 9am to 11am
Vroueoggend: 17 Aug 09:00, perssaal. Retha de Villiers kom praat oor: “ Wat beteken dit om eerbied vir God te hê”. Ilze 083 276 4116
yesterday
2 members updated their profile photos
yesterday
Connie van Zyl added a discussion to the group Omgeegroepe Hulpbronne
Elke dissipel sal daarom 'n getuienis hê van waar Jesus sy lewe kom verander het, nuut gemaak het en van sonde bevry het.   Kliek op onderstaande antwoordstel vir meer inligting. Antwoordles C - Is jy 'n dissipel 1-7 Aug 2010.doc
yesterday
Lucill added 2 discussions to the group Gebedsbediening
yesterday
yesterday
Alisha is attending Mari Cronjé's event
Grow Café 3, 10 & 17 Augustus at Woodlandssentrum
August 3, 2010 at 7pm to August 17, 2010 at 7pm
19:00 (Jiré). Aanbieder is Stephan Joubert. Tema: In pas met God se wil. Registrasie 3 Aug vanaf 18:30. R60 per persoon. Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za
yesterday

© 2010   Gestig deur MP Admin

Promosies  |  Report an Issue  |  Terms of Service

Sign in to chat!